STALLETJIES

EK WIL UITSTAL

STALLETJIE AANSOEKE NOU OOP

Stalletjie-aansoeke vir die Lutzville Landbouskou is nou oop. Ons nooi kosverkopers, handwerkers, entrepreneurs en besighede om deel te wees van hierdie besondere gemeenskapsgeleentheid. Die skou bied ’n unieke platform om jou produkte aan ’n wye gehoor bekend te stel en deel te vorm van ’n tradisie waar gemeenskap en besigheid hande vat. Voltooi die aansoekvorm of rig enige navrae per e-pos aan stalls@lutzvilleskou.co.za. Ons sien daarna uit om jou as deel van die skou te verwelkom.

2026 STALLETJIES

Kos en lekkernye

BELANGRIKE INLIGTING:

Sluitingsdatum vir aansoeke: Dinsdag, 30 Junie 2026.
Bankbesonderhede saam met alle bepalings en voorwaardes sal teen 10 Julie 2026 aan alle suksesvolle aansoekers voorsien word.

Indien u teen bogenoemde datum geen terugvoer ontvang het nie, beskou u aansoek as onsuksesvol. Aansoeke sal gekies/afgewys word op grond van beskikbaarheid van spasie sowel as produkversadiging.

Geen terugbetaling sal gemaak word op enige betaling wat gedoen is vóór kennisgewing van suksesvolle aansoek nie.

U naam en die naam van u stalletjie moet as verwysing gebruik word wanneer betalings gemaak word en dit moet duidelik aangedui word op u bewys van betaling.

U plek sal slegs bevestig word by ontvangs van bewys van betaling.

Betaling moet vóór 20 Julie 2026 gemaak word om u plek te verseker.

Geen stalletjie sal toegeken word nadat die skou begin het nie.

Slegs een verkoper per stalletjie word toegelaat. Geen onderverhuring nie.

Alle stalletjies moet teen Woensdag, 29 Julie 2026 opgerig en ingerig wees en gereed wees vir besigheid teen Donderdag, 30 Julie 2026 om 08:00. Dit is nie onderhandelbaar nie.

Besigheidsure is soos volg:

Datums: Donderdag, 31 Julie 2025 – Saterdag, 2 Augustus 2025
Besigheidsure: 09:00 – 00:00

Neem asseblief kennis van die volgende:

Vergewis uself van die beurtkragskedules en tref vooraf voorsorgmaatreëls. Wees voorbereid.

Geen klappers, vuurwerke of alkoholiese drank mag verkoop word nie. Absoluut GEEN BB-GEWERE.

Alle stalletjies (buite, binne en kosstalletjies) moet oor ’n brandblusser beskik.


Aansoek en Keuring:

’n Gesondheidsertifikaat moet ingedien word indien u met voedselitems werk – geblik, gedroog of andersins.

Stuur dit asseblief saam met u finale produklys.

Vergewis uself van die bepalings en voorwaardes en tref die nodige reëlings betyds.

Alle voedselitems moet die volgende bevat:

  • Vervaldatum

  • Inhoud

  • Moontlike voedselallergie-waarskuwings

  • Belangrike inligting rakende die berging van die produk

  • Adres waar die produk vervaardig word


Sekuriteit en Risiko:

Streng sekuriteitsmaatreëls sal ingestel wees om u belange gedurende die dag en nag te beskerm.

Sekuriteitswagte sal 24/7 beskikbaar wees vir die uitstallingsarea.

Deelname aan die Lutzville Landbouskou geskied op eie risiko en die organiseerders van die Skou word vrygestel van enige eise weens skade wat u, u besigheid of werknemers mag ly as ’n direkte of indirekte gevolg van diefstal, breekskade, besering, brand, reën, weerlig, vis major, casus fortuitus of enige ander gebeurtenis. Indien die skou gekanselleer of uitgestel word weens redes buite die organiseerders se beheer, sal die organisasie nie aanspreeklik gehou word vir verlies aan inkomste as gevolg daarvan nie.


Advertensies:

Vir bemarkingsdoeleindes word alle stalletjie-eienaars versoek om vir ons foto’s en inligting oor stalletjies en produkte te voorsien – hetsy via WhatsApp of e-pos.

Die materiaal sal op sosiale media gebruik word om meer blootstelling te bied en besoekers na die skou te lok.

Volg asseblief ons Facebook-blad en deel dit met u vriende op Facebook, WhatsApp en Instagram.


Kontak asseblief Analéne indien u enige verdere vrae het:
📧 stalls@lutzvilleskou.co.za | 📞 083 234 2372

0
YOUR CART
  • No products in the cart.