Wie Is Ons?

Sedert 1946 bied ‘n groep toegewyde vrywilligers elke jaar hul tyd aan om die Lutzville Landbouskou te organiseer. Elke jaar word daar ure se beplanning agter die skerms gedoen om ‘n goed georganiseerde fees vir besoekers van alle ouderdomme aan te bied.

Die skou sluit vertonings van perde van heinde en verre in, asook plaaslike opkomende boere wat hul skape kom vertoon.

Sedert 2024 is die landbouskou ‘n geregistreerde niewinsgewende organisasie (NPO), en alle fondse word herbelê in die terrein en in verskeie ondersteunende organisasies. Elke lid dra op vrywillige basis by, sonder vergoeding – gedryf deur hul passie vir die saak.

Ons komitee bestaan uit toegewyde en hardwerkende lede, elk met unieke vaardighede en talente wat hulle bydra tot die span.

Elke lid is sorgvuldig gekies om te verseker dat alle afdelings van die skou effektief ontwikkel en bestuur word. Die bydraes van elkeen is van groot waarde, en elke lid speel ‘n sleutelrol in die sukses van ons organisasie. Ons erken en waardeer die spesifieke waarde wat elke lid tot die geheel bring, en glo dat ons kollektiewe poging die fondament van ons sukses is.

Ons 78ste Lutzville Landbouskou

Kom geniet ‘n viering van tradisie, geselligheid en sukses op die Lutzville skougronde van 29 Julie tot 1 Augustus 2026.

0
YOUR CART
  • No products in the cart.