Lutzville Landbouskou30 Julie - 1 Augustus 2026 Lutzville Landbouskou30 Julie - 1 Augustus 2026 Lutzville Landbouskou30 Julie - 1 Augustus 2026 Lutzville Landbouskou30 Julie - 1 Augustus 2026
Lutzville Landbouskou
30 Julie - 1 Augustus 2026
Lutzville Landbouskou
30 Julie - 1 Augustus 2026
Lutzville Landbouskou
30 Julie - 1 Augustus 2026
Lutzville Landbouskou
30 Julie - 1 Augustus 2026

Dankie aan ons diamant-borge!

Ons 78ste Lutzville Landbouskou

Kom geniet ‘n viering van tradisie, geselligheid en sukses op die Lutzville skougronde van 30 Julie tot 1 Augustus 2026.

Ons sien uit na ‘n skou wat al ons verwagtinge oortref – ‘n geleentheid waar die hele gemeenskap saamkom vir ‘n onvergeetlike ervaring.

Met trots kyk ons terug na verlede jaar se uiters suksesvolle skou, wat nie net ‘n hoogtepunt op ons dorpskalender was nie, maar ook ‘n blywende impak op die gemeenskap gehad het. Die ondersteuning van besoekers, perderuiters, uitstallers en nuwe deelnemers was werklik inspirerend, en ons is reeds besig om ‘n nóg groter en beter skou vir vanjaar te beplan.

Die Lutzville Landbouskou is ‘n viering van ons ryk erfenis en die opregte gasvryheid waarvoor ons dorpie bekend is. Sedert die eerste skou in 1946 het dit gegroei tot ‘n fees van musiek, uitstallings, vermaak en kompetisies – ‘n gebeurtenis wat nie net opwinding bring nie, maar ook belangrike beleggings in ons streek aanmoedig.

Ons is trots op ons plaaslike kultuur, kos, wyn en die hartlike ontvangs wat jaarliks al hoe meer besoekers lok. Die afgelope skou het bewys dat ons gemeenskap tot groot dinge in staat is. Met meer as 3 000 mense wat aan die feespret deelgeneem het – insluitend besoekers van so ver as Kaapstad, en perderuiters van Napier en Springbok – het ons ‘n beduidende impak op plaaslike ondernemings en die ekonomie gemaak.

STALLETJIE AANSOEKE NOU OOP

Stalletjie-aansoeke vir die Lutzville Landbouskou is nou oop. Ons nooi kosverkopers, handwerkers, entrepreneurs en besighede om deel te wees van hierdie besondere gemeenskapsgeleentheid. Die skou bied ’n unieke platform om jou produkte aan ’n wye gehoor bekend te stel en deel te vorm van ’n tradisie waar gemeenskap en besigheid hande vat. Voltooi die aansoekvorm of rig enige navrae per e-pos aan stalls@lutzvilleskou.co.za. Ons sien daarna uit om jou as deel van die skou te verwelkom.

Ek Wil Uitstal

Fondsinsamelingsdans
29 Mei 2026

Die jaarlikse fondsinsamelingsdans is een van die Lutzville Landbouskou se gunsteling-byeenkomste. Dis ’n aand waar die gemeenskap saamkom vir goeie musiek, lekker kuier en egte skougees. Elke kaartjie, elke danspas en elke lagdra by tot die groei en voortbestaan van die skou. Meer as net ’n dans, is dit ’n viering van samehorigheid, ondersteuning en trots op ons plattelandse gemeenskap. 

KINDERVERMAAK
2026

By die Lutzville Landbouskou is daar pret vir oud en jonk! Ons het ’n spesiale area vir kindervermaak, vol interaktiewe aktiwiteite onder toesig wat die jongspan sal wegblaas. Van speletjies tot avontuurlike ervarings – jou kinders gaan besig, gelukkig en vol opwinding wees terwyl die gemeenskap saam kuier.

AKTIWITEITE

Elegansie en krag in beweging jaar na jaar. Perde en ruiters wys hul beste in die arena.

Tradisie op sy mooiste. Uitstaande pluimvee word beoordeel met sorg en kundigheid.

Plaaslike geure en fyn smake. ’n Ontspanne wynervaring om te geniet en te onthou.

Lag, speel en ontdek. Aktiwiteite wat jong harte van alle ouderdomme besig en gelukkig hou.

Geurige potte en warm kole. Spanwerk, trots en egte skougees kom hier bymekaar.

’n Ontspanne dag op die baan. Goeie geselskap, lekker spel en vriendskaplike kompetisie.

Klank, ritme en vaardigheid. ’n Skouspel wat aandag trek en harte laat klop.

Liplekker tradisie met ’n knipoog. Dapper deelnemers, groot lag en skou-pret.

Rou krag en uithouvermoë. ’n Kompetisie wat spiere en gees toets.

Tyd vir inspirasie. ’n Oggend van saamkuier, bemoediging en mooi oomblikke.

Elegansie en selfvertroue. ’n Viering van persoonlikheid, styl en trots.

Klein sterre met groot drome. Pret, selfvertroue en skougees vir die jongspan.

KOOP JOU KAARTJIES NOU

Dis nie net ‘n skou nie maar ons het die beste kunstenaars geteken om jou te vermaak. Maak seker jy kry jou plek en tafel vroegtydig bespreek. 

KOOP JOU KAARTJIES NOU

 Maak seker jy kry jou kaartjies nou!

Ons Borge

Die Lutzville Landbouskou sou nie moontlik wees sonder die ongelooflike ondersteuning van ons borge nie. Julle betrokkenheid, bydraes en geloof in die skou maak dit moontlik om tradisies lewendig te hou en elke jaar iets besonders vir ons gemeenskap te bied. Ons sê opreg dankie aan elke borg wat reeds hande vat met ons – en ons maak steeds op julle staat om saam met ons te bou aan die toekoms van die skou. Hieronder volg die borge wat die Lutzville Landbouskou in vorige jare ondersteun het – ons is trots om julle name te wys.

BORGE 2026

Ons wil graag opreg dankie sê aan vanjaar se borge vir julle waardevolle ondersteuning en vertroue in die Lutzville Landbouskou. Julle bydraes maak ’n tasbare verskil en help om die skou moontlik te maak. Indien jy self belangstel om deel te wees as ’n borg, nooi ons jou uit om die borgbrief hieronder deur te lees. Stuur gerus jou navraag of voltooide borgbrief na sponsors@lutzvilleskou.co.za – ons sien daarna uit om saam met jou te bou aan die toekoms van die skou.

Diamant

Goud

Silwer

2026 Lutzville Skou Borge - Silver

Kontak Besonderhede

 
Phone
 

Tjaart Lotter: 076 985 0187

Melanie Agenbag: 083 283 3617

Analéne Mouton: 083 234 2372







0
YOUR CART
  • No products in the cart.