KINDERVERMAAK
2026

By die Lutzville Landbouskou is daar pret vir oud en jonk! Ons het ’n spesiale area vir kindervermaak, vol interaktiewe aktiwiteite onder toesig wat die jongspan sal wegblaas. Van speletjies tot avontuurlike ervarings – jou kinders gaan besig, gelukkig en vol opwinding wees terwyl die gemeenskap saam kuier.

Die Kids Zone by die Lutzville Landbouskou is die ideale plek waar kinders hul energie kan uitleef, nuwe vriende kan maak en ure se pret kan geniet!

Kinders kan blokkies bou, teken, speel, hul gesiggies laat verf, die springkasteel geniet, in die soft play-area baljaar en nog vele meer opwindende aktiwiteite beleef.

Die Kids Zone is spesiaal ontwerp vir kinders tussen 0 en 13 jaar (voorskool en laerskool) en bied ’n veilige en prettige omgewing vir jong besoekers.

Heerlike vermaak heel dag lank!

Die Arcade Tent is die perfekte kuierplek vir tieners wat tussen die opwinding van die skou wil ontspan en pret hê saam met vriende.

Met pooltafels, darts en verskeie ander speletjies bied hierdie area ’n veilige en gesellige ruimte waar jongmense tussen 13 en 18 jaar kan kuier, meeding en nuwe herinneringe skep.

Die Arcade Tent is spesiaal ingerig vir hoërskoolleerders en tieners wat op soek is na ’n lekker uithangplek tydens die Lutzville Landbouskou.

0
YOUR CART
  • No products in the cart.